Geen sterftes, vier nuwe gevalle

Henriette Lamprecht
Geen nuwe Covid-sterftes is die afgelope vyf dae aangemeld nie en die getal bly op 3 564. Gister is vier gevalle aangemeld, 'n positiewe koers van 0,6%. Dit sluit twee leerlinge en 'n gesondheidswerker in. Die aktiewe gevalle staan tans op 131 waarvan 15 in die hospitaal en twee in die ICU is. Tot op hede het 345 607 mense enstowwe teen Covid ontvang, terwyl 217 700 ten volle ingeent is. Die herstelkoers staan op 97,1%.

Kommentaar

Republikein 2025-05-22

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer