Geen sterftes, ses nuwe gevalle

Henriette Lamprecht
Die Covid-sterftes bly op 3 569, terwyl ses nuwe gevalle gister aangemeld is. Dit is 'n positiewe koers van 0,4% en sluit twee leerlinge en twee gesondheidswerkers in. Die aktiewe gevalle staan tans op 76 waarvan nege in die hospitaal en een in die ICU is. Tot op hede het 356 714 mense 'n eerste dosis entstof ontvang, terwyl 296 124 ten volle ingeënt is. Die herstelkoers staan op 97,2%.

Kommentaar

Republikein 2025-12-14

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer