Geen rybewyskaarte

Sanet de Waal
Kristien Kruger - Rybewyskaarte is ’n geruime tyd landswyd nie beskikbaar nie en sal eers op die vroegste Februarie volgende jaar gereed wees.

’n Personeellid by NaTIS in Windhoek, wat in die rybewysafdeling werk, het aan Republikein gesê die materiaal wat gebruik word om die kaarte te vervaardig moet ingevoer word en dié materiaal is tans nie beskikbaar nie. Volgens hom word sommige van die materiaal van die Verenigde Koninkryk ingevoer.

“Die materiaal sal eers teen Januarie ingevoer word en die eerste rybewyskaarte sal dan eers vervaardig kan word. Die eerste rybewyse sal teen Februarie gereed wees.

“Ongelukkig wag baie mense nog vir hul kaarte en dit sal tyd neem om al die agterstallige kaarte te maak,” het hy gesê.

Tot die kwessie met die rybewyskaarte uitgesorteer is, kry mense wat nuut uitgepasseer het en hul eerste rybewys moet ontvang, asook diegene wat hulle lisensies hernu, ’n A4-dokument wat as tydelike rybewys dien. - [email protected]

Kommentaar

Republikein 2025-12-17

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer