Geen Covid-sterfte vir eerste keer in 133 dae
Namibië het vir die eerte keer in 133 dae geen Covid-sterfte aangeteken nie en die totaal bly op 3 372. Gister is 184 nuwe gevalle aangeteken, 'n positiewe koers van 14%. Meer as die helfte, 53%, is leerlinge terwyl dit ook tien onderwysers en vyf gesondheidswerkers insluit. Tans is daar 2 678 aktiewe gevalle waarvan 177 in die hospitaal en 27 in die ICU is. Tot op hede het 211 118 mense 'n eerste dosis entstof ontvang, terwyl 111 523 volledig ingeënt is. Die herstelkoers staan op 95%.


Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie