Gaan kyk self

Mandy Rittmann
KARL RITTMANN SKRYF:

Dit is met bekommernis dat ek menings oor entstowwe vir Covid-19 volg.

Ek voel elke persoon het die reg om besluite te neem oor haar of sy lewe. Ek wil egter net ’n beroep doen op gemeenskappe om self begraafplase te besoek en hul te vergewis hoe dit daar lyk. Onnodige lewens wat verloor is.

Mense, los die mediese kant oor aan opgeleide medici wat weet wat om te doen. Moenie wag tot dit te laat is en dan hulp wil soek nie.

Binnekort gaan daar ook nie plek in begraafplase wees nie soos reeds by lykshuise.

Ek weet ek gaan nou weer gekruisig word, maar gee nie om nie, solank ek weet ek het my deel gedoen.

Kommentaar

Republikein 2025-12-16

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer