Fietsryers - waak teen dié roofbende
ERNST VENZKE SKRYF:
Hierdie brief is om almal, maar spesifiek die fietsryers wat die Kupferberg-pad gebruik, te waarsku.
’n Paar weke gelede is ’n mede-fietsryer op die Kupferberg-pad aangeval, aangerand en beroof.
Laasweek Donderdag was dit my en my swear, Ben Theron, se beurt om deur te loop onder die boewe.
Rondom kwart oor ses die namiddag is ons voorgekeer, van ons fietse geruk, geskop en geslaan, met messe gedreig en van alles waardevol beroof. Hulle het ook ons fietse se wiele stukkend gesteek met die messe.
Die gewapende rowers was vyf jong mans. Die drywer van hulle voertuig het in die motor gebly, tewyl die ander vier ons geterroriseer het.
Hulle gebruik ’n swart Volkswagen Golf met die registrasienommer N 48040 W (agterste nommerplaat).
Dit het gebeur op die nuwe deel van die pad wat so ’n tydjie gelede oopgestel is.
Genadiglik het ’n aankomende voertuig hulle gesteur en het hulle gevlug, sonder om ons verder te beseer of nog items soos ons fietse, fietsryskoene, ens. te steel, soos wat hulle met die eerste fietsryer gedoen het.
Baie dankie Ansie, die plaasvrou met die Land Cruiser-bakkie wat die rowers laat vlug het, en haar oor ons ontferm het en ons opgelaai en teruggebring het Windhoek toe.
Ons voel so sleg dat ons nie eens jou kontakbesonderhede gevra het nie. Vergeef tog maar, ons was bietjie in skok.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie