Engeland bevestig 2 gevalle van Omicron

Dani Booysen
The Independent berig twee gevalle van die nuwe Covid-19-variant Omicron is in Chelmsford en Nottingham bevestig.
Die oorsprong word aangedui as “Suider-Afrika”, sonder enige bykomende besonderhede.
Die Verenigde Koningkryk het gevolglik Angola, Mosambiek, Malawi en Zambië vanaf Sondag tot sy rooi-lys bygevoeg.
Volgens die minister van gesondheid, mnr. Sajid Javid, sal verdere stappe "sonder huiwering" volg, indien nodig.
Die persone is in selfisolasie saam met hul huisgesinne terwyl verdere toetse uitgevoer word.

Kommentaar

Republikein 2025-05-19

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer