Een sterfte, 215 nuwe gevalle

Henriette Lamprecht
Die Covid-sterftes staan op 3 370 na die tuissterfte van 'n vrou van Khorixas. Gister is 215 nuwe gevalle aangemeld, 'n positiewe koers van 13%. Tans is daar 2 474 aktiewe gevalle waarvan 196 in die hospitaal en 31 in die ICU is. Tot op hede het 209 622 mense een dosis entstof ontvang, terwyl 108 914 ten volle ingeënt is. Die herstelkoers staan op 95%.

Kommentaar

Republikein 2025-09-08

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer