Een sterfte, 133 nuwe gevalle

Henriette Lamprecht
Die Covid-19-verwante sterftes skuif met een op 509 ná die dood van 'n 41-jarige man van Keetmanshoop. Vandag is 139 nuwe gevalle aangemeld waarvan 50 leerlinge is. Nog 106 mense het herstel wat die totaal op 41 398 en 'n herstelkoers van 95% te staan bring. Die aktiewe gevalle staan op 1 715 waarvan 171 in die hospitaal en 34 in die ICU is.

Tans word 4 632 kontakte gemonitor en 1 770 mense is in kwarantyn.

Kommentaar

Republikein 2026-05-16

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer