Duplantis behaal 14de sege vanjaar
Atletiek
Wim Pretorius – Armand Duplantis se oorwinning op die Istaf-byeenkoms wat Sondag in Berlyn gehou is, is die paalspringer se 14de opeenvolgende oorwinning vanjaar.
Die Sweed het op 'n hoogte van 5,91 meter oor die dwarslat vir 'n gemaklike sege geseil, maar het dié slag besluit om weens die wind binne die stadion nie weer 'n aanslag op sy eie wêreldrekord te maak nie. Die Pool Piotr Lisek was naasbeste met 5,82 m, terwyl die Amerikaner Sam Kendricks swaar geleef het en net sesde kon eindig nadat hy op 5,57 m uitgeval het.
Sowat 3 500 ondersteuners is binne die stadion toegelaat, 'n luukse wat atlete vir die grootste deel van vanjaar nie kon geniet nie.
“Dit is belangrik om 'n atmosfeer soos dié te hê,” het Duplantis ná afloop van sy eerste plek gesê.
“Sedert die begin van die seisoen het ons baie byeenkomste gehad met geen toeskouers nie, so dit was nie moontlik om energie uit die ondersteuning te put nie.
“Dinge moet baie goed verloop wanneer jy 6,15 m spring, maar vandag was daar wind. Die toestande was dus nie reg om 6,15 m aan te pak nie en ek wou geen risiko's neem nie.”
Karsten Warholm se segetog in die 400 m-hekkies duur voort nadat hy in 47.08 sekondes gewen het. Wat dié uitslag merkwaardig maak, is dat Edwin Moses se byeenkomsrekord van 47.17, wat in 1980 opgestel is, in die slag gebly het.
Litaue se Andrius Gudzius het vir 'n groot verrassing gesorg toe hy die wêreldkampioen en Sweed Daniel Stahl in die diskusgooi geklop het. Gudzius het met sy laaste poging die uitslag met sy beste poging van 66,72 m verseker. Hy het hiermee seker gemaak dat die Sweed, wat 'n beste afstand van 65,89 m in die tweede ronde vermag het, sy eerste nederlaag in 17 byeenkomste in 2020 gely het.
Johannes Vetter, wat op 7 September die spies 97,76 m ver gegooi het, het voor sy tuisskare koning gekraai. Dié slag kon die 27-jarige Duitser wel net 87,26 m vermag, wat steeds meer as genoeg was. Andrian Mardare van Moldawië was naasbeste met 82,61 m.
In die 1 500 m het Laura Muir gewikkel en Süreyya Ayhan van Turkye se byeenkomsrekord ná 18 jaar laat tuimel. Muir het die wenstreep in 3 minute, 57.40 sekondes oorgesteek. Dit is ook die beste tyd sover vanjaar ter wêreld. Nog 'n Brit en nog 'n Laura, Laura Weightman, was naasbeste in 4:00.09.
In die 100 m het die Nederlander Dafne Schippers met die louere weggestap in 11.26, terwyl Marie-Josée Ta Lou van Ivoorkus tweede was in 11.38.
– Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie