DRK koop surplus van maasbankerkwota
Die DRK se minister van finansies het die aanskaffing van 'n kwota afgehandel wat ná die veiling oorgebly het.
Walvisbaai-redaksie – Die Demokratiese Republiek die Kongo (DRK) se minister van finansies, mnr. Jean-Marie Kalumba Yuma, het vandeesweek 'n ooreenkoms gesluit om 'n regeringsteiken maasbankerkwota by die Namibiese regering te koop.
Kalumba Yuma het Sondag in die land aangekom te midde van gerugte dat die ministerie van visserye en mariene hulpbronne glo oor 'n tydperk van twee jaar 'n kwota van 27 300 ton maasbanker aan die DRK verkoop het, met die opsie om dit vir nog vyf jaar te hernu.
Rolspelers in die bedryf beskuldig die ministerie daarvan dat hy Namibiese hulpbronne aan sy hoofmark weggegee het en pryse tot die nadeel van Namibiese visentiteite en handelaars ontwrig het.
Die minister van visserye en mariene hulpbronne, mnr. Derek Klazen, het die aand voor sy vergadering met Kalumba Yuma gesê dié gerugte is ongegrond.
“Ons moet onthou die visvangkwotas word in opdrag van die regering opgeveil met die doel om ontwikkelingsdryfvere binne die streke te versterk. Die viskwotas wat ná die veiling oorgebly het, is as reserwes gehou,” het Klazen verduidelik toe hy gevra is om lig op die aantygings teen die ministerie te werp.
Ten tyde van die veiling het sommige belanghebbendes gevoel dit is reeds laat in die seisoen en daarom nie op kwotas gebie nie. Baie het ook reeds vennootskappe met nuwe kwotahouers aangegaan.
Seaflower Pelagic het aanvanklik 15 000 ton gekoop en onlangs nog 5 000 ton van die 32 000 ton wat ná die aanvanklike veilingsproses oorgebly het, aangeskaf.
Klazen het daarop gewys dat die DRK, met 'n bevolking van meer as 89 miljoen mense, Namibië se grootste mark vir maasbanker is. “Die bedryf is afhanklik van die DRK as sy grootste kliënt.”
NUWE MANIER
’n Betroubare bron binne die minister se kantoor het gesê dit blyk of sekere rolspelers in die bedryf bloot kwaad is, aangesien die transaksie die manier van sake doen, kan verander.
“Die DRK-regering het voorheen maasbanker by belanghebbendes gekoop deur middel van agente wat die prys soms verhoog het," het hy verduidelik, en daarop gewys dat Libanese agente byvoorbeeld maasbanker invoer wat vir die DRK bestem was nadat dit per vragmotor uit Namibië via Zambië vervoer is.
“Uiteindelik maak hulle of die vis in Zambië gevang en verwerk word en verkoop dit dus teen 'n verskillende prys. Wanneer die vis in die DRK aankom, is die prys te hoog. Tegnies het hierdie scenario onbekostigbaar en onvolhoubaar vir die DRK geword.”
Volgens hierdie bron verkies die DRK Namibië se maasbanker.
NOG GEEN KONTRAK
Die bron het ook aantygings van 'n vorige kontrak tussen die ministerie en die regering van die DRK weerlê.
Hy het benadruk die idee van 'n tweejaarkontrak met die DRK maak geen sin nie.
“Dit kan nie 'n kontrak van twee jaar wees nie, aangesien die veiling op een seisoen – van Januarie tot Desember – van toepassing is. Dit is egter die DRK-regering se taak om 'n ooreenkoms met 'n onderneming aan te gaan om die vis te vang en 'n kontrak te sluit volgens hul bepalings. Sodra die vis verkoop en betaal is, behoort dit aan en word dit die eiendom van dié regering.”
Volgens die bron het plaaslike operateurs nie aan die veiling deelgeneem nie met die verwagting dat die kwota uiteindelik gratis toegeken sou word.
Hy het voorts gesê die huidige sakemodel is onvolhoubaar.
Die bron het ook gesê die DRK sal 'n maatskappy nodig hê om die kwota te vang wat hy deur die veiling gekoop het.
“Plaaslike rolspelers stel nie belang nie, aangesien pryse beïnvloed sal word en daal. Ons het aanvanklik 87 000 ton aangebied en die 27 300 ton is 'n surplus kwota wat beskikbaar was. Die regering het besluit om leiding te neem om die belang van die Namibiese bevolking as geheel te beskerm. Ons sal 'n geskatte N$85,715 miljoen uit die 27 300 ton gevriesde maasbanker deur hierdie ooreenkoms genereer.
WAT IS DIE PLAN?
Volgens 'n binnestander in die bedryf is die Angolese bilaterale ooreenkoms wat met Fishrot verband hou, op soortgelyke beginsels geskep.
Hy het gesê die vraag wat bly staan, is wie die 27 300 ton vis voor die einde van Desember sal kan vang, en wat sal gebeur as dit nié gevang kan word nie.
“Beskerm hulle die DRK ten koste van die Namibiese visbedryf en die ekonomie? Die opgeveilde kwota is wat 'n standaard sleepnet-treilers vir 'n volle jaar vang en die seisoen eindig in Desember. Wat is die werklike plan en is daar ander reëlings in plek vir die toekoms? Het die DRK die vangvermoë en wat sal die reëling wees? Sal die DRK se regering voortgaan om uit die veilingskwota te koop? Sal hulle hul eie vloot saambring en Namibiese vissers in diens neem? Word ander rolspelers uitgestoot?”
Hy het bygevoeg daar is reeds druk op die voorraad, aangesien die maasbankervangste besonder swak is.
“Vaartuie sukkel tans met vangste. As die kwota nie gevang word nie, wat sal die implikasies op die verhouding tussen die DRK en Namibië wees, aangesien eersgenoemde vir die kwota betaal het? Ingevolge die wet op mariene hulpbronne kan die kwota nie van die een visvangseisoen na die volgende oorgedra word nie. Die kwota was deel van die bepalings en voorwaardes wat vir 2021 vasgestel is.”
Die bron was verras die regering het hierdie ooreenkoms deurgevoer met die wete dat die DRK nie die opgeveilde kwota voor die einde Desember vanjaar sal kan haal nie. - [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie