Drankmisbruik ‘n mindere faktor in kinderhuwelike

Dani Booysen
Die opskrif van ‘n berig in gister se uitgawe het alkoholmisbruik as ‘n vername oorsaak van kinderhuwelike voorgestel.

Die verslag self het nie so ‘n bevinding gemaak nie. Tradisie, kultuur en armoede speel onder meer ‘n groter rol.

Alkoholmisbruik is ‘n faktor, maar is net deur sommige respondente in die navorsing gemeld en is dus nie ‘n algemene dryfveer nie. Een deelnemer het byvoorbeeld opgemerk dat skoolmeisies dalk swanger kan raak wanneer hulle onder die invloed is en dan moet trou.

Kommentaar

Republikein 2025-12-17

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer