Die bordjies is verhang
Ek vermoed almal het al in een of ander stadium gesê: “Ek wil tog nooit soos my ouers wees nie,” of “Ek sal nie eendag my kinders so streng grootmaak nie.”
Maar namate jy self ouer (en effens wyser) word, begin jy miskien ’n ander deuntjie sing. Waar jy op 16 gedink het jy is nou ’n “grootmens” wat toegelaat moet word om jou eie besluite te maak, lyk ’n 16-jarige vir jou op 22 soos ’n kuiken. En só hou dit aan ...
Dit kan die jonger garde grensloos irriteer as grootmense begin met: “In my dae het ons nie dít gehad nie, kon ons nie dát doen nie, of het ons dit só gedoen.” Maar voor jy jou kan kry, doen jy presies dieselfde.
Met die bogenoemde in gedagte, laat my nou toe om ’n storie te vertel. By Torrabaai (ons gesin se enigste vakansieplek), is daar ’n verskynsel wat Die Gat genoem word. My mede-Torrabaaiers sal weet waarvan ek praat.
Die Gat is presies wat die naam sê, ’n groot gat wat die jongmense op die strand grawe, weg van die kampplekke af. Só kan die jongmense regdeur die nag kuier en rumoer sonder om die “senior” kampeerders te steur. En, laat ek nou nie doekies omdraai nie, hier kan hulle hulself besig hou met die gewone onheilighede van tieners, sonder om met valkoë dopgehou te word.
Ek sou dit nie ’n ou tradisie noem nie, maar dit word beslis al vir meer as 20 jaar gedoen. Dit is wat hulle in Engels ’n “rite of passage” sal noem.
Ek sal nie jok en sê ek was nog nooit daar nie. Ek was tot relatief onlangs nog ’n student! Maar my ouers, veral my pa, sou my nooit laat gaan het voor die ouderdom van 15 nie.
Ná Kersfees het die Du Plessis-gesin natuurlik (soos elke ander jaar) die tente, stoof, bad, donkie en die hele kaboedel op die trailer gelaai en die bekende pad gevat. Op Torra aangekom, was Die Gat natuurlik reeds gegrou.
Ek is jammer om dit te sê, maar ek was teleurgesteld in die min respek wat die jonger garde vanjaar vir hul medekampeerders betoon het. In mý dae (hier is dit nou) het ons ver van die kampplekke af gekuier en die musiek gewoonlik op ’n ordentlike volume gehou.
As ons soms effens rumoerig geraak het, het die grootmense ons kom stilmaak. En ons het geluister. Deesdae werk dit nie meer so nie.
Ek het besef ek is nou amptelik te oud om nog saam met 16-jariges te kuier. Met ander woorde, ek is te oud vir Die Gat. Ek was geskok om te hoor dat daar vanjaar sommer 13-jariges by die jolyt betrokke was. Nog meer geskok was ek om te hoor wat hierdie kinders alles aanvang.
Behalwe vir die standaard tiener wangedrag, kon ek ook nie glo watter vieslike woorde uit dié kinders se monde kom nie. Dit is nogal nie snaaks as ’n spul 13-jariges drieuur die oggend soos ’n swerm vinke buite jou kamp raas nie.
In my dae, as ons besluit het dit is tyd om te gaan slaap, het ons tjoepstil gebly en amper op ons tone geloop om nie die ooms en tannies wakker te raas nie. Veral die seuns het geweet jy sou op jou m*** kry.
Dié kinders is egter min gespin ... boonop terwyl hulle taal gebruik wat ’n matroos sal laat bloos. In my ouers se tyd, selfs dalk nog in mý tyd, sou jy ’n oorveeg of ’n bek vol Tabasco kry.
Dalk klink ek soos ’n preutse ou suurknol, maar dit pla my baie dat dié gedrag deesdae aanvaarbaar is. Word hulle deur ’n volwassene aangepraat hieroor, of oor hul raserige ounag-eskapades, het hulle ’n snotty antwoord gereed.
Ek weet nie van jóú nie, maar ek sal beslis nie eendag my laerskooldogter saam met ’n man in sy middel-twintigs laat kuier terwyl een óf altwee drink nie.
Daar is iets fout met die wêreld as dit deesdae oukei is vir kinders om soos visse te suip, soos skoorstene te rook en soos matrose te vloek nie.
Ek klink dalk nou nes iemand se knorrige oom, maar ek dink tog ons moet terugkeer na die dae toe kinders nog kinders kon wees.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie