Derduisende om NV-tuine te beveilig
Die parlementstuine is tans vir die publiek gesluit om die grasperk te beskerm.
Augetto Graig – Die uitgee van N$200 000 op ‘n nuwe groen heining by die parlement is noodsaaklik omdat mense by motors inbreek en steel, asook die grasperk in die tuine “oorgebruik”.
Die woordvoerder van die parlement, mnr. David Nahogandja, het aan Republikein gesê oor die jare is motorbykomstighede soos syspieëls en wielvellings gesteel en het die infrastruktuur op die perseel vervalle geraak.
Die parlementstuine is tans steeds verbode vir lede van die publiek om die gras hersteltyd te gee, het Nahogandja bevestig. Net amptelike staatsgeleenthede kan daar plaasvind.
“Parlementslede in die Nasionale Vergadering verteenwoordig alle Namibiërs en voer hul pligte dienooreenkomstig die doelwitte van die Grondwet uit. Openbare toegang tot die parlement word deur Artikel 61 van die Grondwet gewaarborg. Dus sal die herstel van die heining nie hierdie reg wegneem nie, maar voorsien dit die publiek van die versekering dat hulle veilig binne die area van die parlement sal wees,” aldus Nahoganja.
“Tweedens het ingang deur onbenoemde roetes gelei tot die misbruik van die tuine, insluitende die oorgebruik van die grasperke wat herstel noodsaaklik het. Dit is vir om dié redes dat die parlementstuine se heining herstelwerk nodig het om seker te maak besoekers kry slegs deur wettig erkende punte toegang,” sê hy.
Die heining van 200 meter is deur gevangenes onder toesig van bewaarders van die Namibiese Korrektiewe Dienste (NCS) gebou om koste te bespaar, terwyl die Nasionale Vergadering materiaal direk van Pupkewitz Megabuild aangekoop het, sê hy. Opknapwerk by die parlement duur sedert Julie voort.
Gevra of ingangsfooie in die toekoms oorweeg word, sê hy: “Dit is algemene kennis dat om die parlementstuine aantreklik te hou, dit onderhoud benodig wat koste behels. Sodra die opknappingswerk afgehandel is, sal die publiek ingelig word,” sê hy.
Oor die onooglikke voorkoms van die heining sê Nahongandja: “Die ontwerp en konstruksie is in harmonie met die bestaande struktuur en die omgewingselemente, veral die aangrensende gebied wat deur die departement van werke beman word. Dit is 'n voortsetting van die bestaande struktuur en omgewing en op grond hiervan sien die parlement nie die lelikheid van die ontwerp nie.” [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie