Dankie

Dani Booysen
MOGAMAT SALIE SABAN SKRYF:

'n Klein woord met 'n groot begin.

Met 'n groot dankbaar en waardering tussen in.

Hemelheer danke virrie mooie dag.

Danke begin met 'n glimlag.



'n Hartsnaar geroer.

Danke baie plat oppi vloer.

'n Glimlag en mooi gebaar.

Asseblief en dankie daarby.

Sout en peper sy aan sy.



Moet nooit vergeet om seblie en danke te sê.

Glimlag geleë met liefde gegee.

Warm soen soos die oggendson.

Danke groet my mooiste blom.

Snoektyd



MOGAMAT SALIE SABAN SKRYF:

Varse snoek vanni skuit af.

Vars gebak lek ek my vingers af.

Lekker vet snoek vol kuite.

Opgedis met soet patats.



Slaat hom met 'n pap snoek.

Djou bang ding snoek aan die hoek.

Laat loep dis laat.

Smoorsnoek het baie kwaad.



Sundry en bruinbrood met jam.

Koffie stroopsoet virri merem.

Kerriesnoek se pennies is kwaai.

Snoektyd is feestyd oppi kaai.



Snoekkop met rissie en ywe.

Dit laat die lanie nader skuiwe.

Gerookte snoek se prys is reg.

Koep nou, later is hy weg.



Snoek parcel met chips.

Lekker met asyn 'n glips.

Snoek met tamatie en ywe.

Die bure sal nader skuiwe.

Kommentaar

Republikein 2026-08-02

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer