Covid-19 briek nie die nuus

Weens die bevestiging van twee afsonderlike Covid-19-gevalle is die hoofgebou van Namibia Media Holdings (NMH) se hoofkantoor in Windhoek, asook die administratiewe gebou van Newsprint Namibia gister tydelik gesluit.

Reiniging van die geriewe het reeds gister begin.

Die kantore sal tot Maandag gesluit wees vir die publiek.

Publisering van die groep se gedrukte uitgawes en aanlyn nuus sal nie geraak word nie. Ons programme op Facebook sal vandag ook soos normaal voortgaan, maar geen uitsendings sal môre (Vrydag) geskied nie.

NMH het reeds vanaf Maart gebeurlikheidsplanne om sy werk volstoom voort te sit en die gesondheid en veiligheid van personeel en besoekers te verseker.

Ons bedank ons lesers en kliënte vir hul voortgesette ondersteuning.

Kommentaar

Republikein 2026-07-16

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer