Cosafa: Gladiators kry een punt
Sokker
Tielman van Lill – Namibie se Brave Gladiators het gister in Gqeberha (Port Elizabeth) met 0-0 gelykop teen Uganda in hul openingswedstryd by die Cosafa-vrouekampioenskap geëindig.
Woody Jacobs, hoofafrigter van die Gladiators, het ná die wedstryd gesê: “Dit was ’n taai wedstryd, want die weer en wind het sake vir die spelers moeilik gemaak en die reën het die oppervlak glad gemaak.
“Ek dink dit was ’n wedstryd met uiteenlopende helftes. In die eerste helfte het ons gesukkel om aan die gang te kom en kon nie uit eerste rat kom nie. Ons het gesukkel om beheer van die bal te kry om die middelveld te dikteer.
“Die wedstrydplan en taktiek wat ons bespreek het, het beslis nie vir ons in die eerste helfte gewerk nie, want Uganda het ons onder geweldige druk geplaas en verhoed om ons normale spel te speel.
“Ons het probeer om die spel van die agterveld af te organiseer om geleenthede te skep en so aan te val. Maar weens omstandighede moes ons die bal laag hou en kon nie hoë skoppe gebruik nie.
“Daar was goeie vertonings deur die spelers gelewer, veral ons doelwagter Melissa Matthews het baie goeie spel gelewer, asook Veronica van Dyk.
“Die tweede helfte het beter verloop en ons kon die bal beter beheer en beskerm. Wat ek kan sê, is dat ons meisies baie fiks is. Ons moes meer aangeval het om die laaste aanslag voor die doelhok te loods. Maar ek moet sê die uitslag is ’n goeie weergawe van die wedstryd.
“Dit was ’n goeie aanduiding op watter vlak die meisies tans is. Ons sluit dié hoofstuk af en konsentreer met die lesse wat ons teen Uganda geleer het op die komende wedstryd Sondag teen Zambië.
“In geheel gesien was dit ’n goeie wedstryd gewees en die Namibiërs het hulle uitstekend laat geld. Ons sien uit na die kragmeting teen Zambië.”

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie