Bybelse wysheid

Mandy Rittmann
OPENBARING 8:1 – 4

Toe die Lam die sewende seël oopmaak, het daar stilte in die hemel gekom, omtrent 'n halfuur lank.

En ek het die sewe engele gesien wat voor God staan, en daar is aan hulle sewe trompette gegee.

'n Ander engel het toe gekom en by die altaar gaan staan met 'n goue wierookbak. Daar is baie wierook aan hom gegee om dit saam met die gebede van al die gelowiges op die goue altaar voor die troon te offer.

Die rook van die wierook wat deur die engel geoffer is, het saam met die gebede van die gelowiges opgestyg voor God.

Kommentaar

Republikein 2025-12-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer