Bybelse Wysheid

Openbaring 18:3-6
Audrey Van Der Westhuizen
“... omdat al die nasies van die dwelmdrank van haar onsedelikheid gedrink het. Die konings van die aarde het onsedelik met haar verkeer, en die sakemanne van die aarde het ryk geword uit haar grenselose weelde.”

Toe het ek 'n ander stem uit die hemel hoor sê: “Gaan uit haar uit, my volk, sodat julle nie aan haar sondes deel kry en die plae wat oor haar kom, julle ook tref nie.

Haar sondes het tot aan die hemel opgehoop, en God het haar ongeregtighede onthou.

Behandel haar soos sy julle behandel het, en vergeld haar dubbel soveel as wat sy julle aangedoen het . In die beker waarin sy vir julle ingeskink het, moet julle vir haar twee keer soveel inskink.”

Kommentaar

Republikein 2025-09-10

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer