Bybelse wysheid

Mandy Rittmann
HEBREëRS 1:8 – 12

Maar van die Seun sê Hy: “U troon, o God, staan vir ewig vas, met u koninklike septer laat U reg geskied.

U het die reg lief en U haat die onreg. Daarom het God, u God, U onder groot vreugde tot Koning gesalf bo u tydgenote.”

En verder: “U, Here, het in die begin die aarde gevestig, en ook die hemel is die werk van u hande.

Dié dinge sal vergaan, maar U bly bestaan; soos 'n kledingstuk sal alles verslyt; soos klere sal U dit oprol; ja, soos 'n kledingstuk sal dit vervang word.

Kommentaar

Republikein 2025-12-14

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer