Bybelse wysheid

Mandy Rittmann
HEBREËRS 2:6 – 9

Inteendeel, iemand het êrens getuig en gesê: “Wat is 'n mens dat U aan hom dink, 'n mensekind dat U na hom omsien?

U het hom 'n kort tydjie minder as die engele gemaak; U het hom met heerlikheid en eer gekroon; U het alles aan hom onderwerp.” By die onderwerping van alle dinge aan die mens is niks uitgesluit nie. Alles is aan hom onderwerp. Nou sien ons nog nie dat alle dinge reeds aan die mens onderwerp is nie.

Maar ons sien Jesus, met eer en heerlikheid gekroon op grond van sy lyding en dood.

Kommentaar

Republikein 2025-12-18

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer