Bybelse wysheid

Mandy Rittmann
JAKOBUS 4:7 – 11

Onderwerp julle dan aan God. Staan die duiwel teë en hy sal van julle af wegvlug.

Nader tot God en Hy sal tot julle nader. Was julle hande, sondaars, en reinig julle harte, huigelaars. Bekla julle ellende, treur en huil! Laat julle vrolikheid in rou verander en julle blydskap in droefheid. Onderwerp julle in nederigheid voor die Here, en Hy sal julle verhoog.

Moenie van mekaar kwaadpraat nie, broers. Hy wat van sy broer kwaadpraat of sy broer veroordeel, praat kwaad van die wet en veroordeel die wet.

Kommentaar

Republikein 2026-06-13

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer