Beleggingswet op ys … vir nou

Jo-Mare Duddy Booysen
Brigitte Weidlich

Die minister van nywerheidsontwikkeling en handel, me. Lucia Iipumbu, het gistermiddag die konsepwet op die bevordering en fasilitering van beleggings in die parlement teruggetrek – skaars ‘n week ná sy dit ter tafel gelê het.

Iipumbu het gesê sy trek die konsepwet (IPFB) “tot verdere kennisgewing” terug sonder om redes te verskaf. ‘n Debat oor die IPFB was gister veronderstel om in die parlement te begin.

Die voorgestelde wetgewing moet die omstrede Wet op Beleggingsbevordering van 2016 vervang. Dié wet is weens verskeie regskwessies nooit toegepas nie.

Sedert die tertafellegging van die IPFB het die herrie onder die private sektor losgebars met kenners wat gewaarsku het dit sou Namibië se beleggingslandskap finaal vernietig.

Vandag se Business7 in Republikein berig volledig oor dié kwessie.

Kommentaar

Republikein 2025-05-18

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer