B2 eis nóg 'n lewe
Leandrea Louw op Walvisbaai
Die kusgemeenskap is geskok na 'n bekende uit eie geledere vandeesweek in 'n motorongeluk dood is.
Mnr. Pieter Myburgh (55, foto), bestuurder van die Food Lover's Market op Swakopmund, het Woensdagaand verongeluk, nadat hy beheer oor sy voertuig verloor het. Hy is op die toneel dood.
Volgens adj.komm. Erastus Iikuyu, die streekmisdaadkoördineerder, het Myburgh Woensdag omstreeks 20:30 alleen van Walvisbaai na Swakopmund gery.
“Hy het in 'n Toyota Quantum gereis wat aan Citi Producer van Walvisbaai behoort. Naby die Vierkantklip-gebied op pad na Swakopmund het hy na bewering beheer oor die voertuig op die draai verloor en die voertuig het
omgeslaan.
“Hy is op die toneel dood en sy liggaam is na die Swakopmund-staatshospitaal geneem waar hy deur 'n mediese dokter dood verklaar is.”
Sy naasbestaandes is van sy dood ingelig en die polisieondersoek duur voort.
- [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie