Almal maak saak

Mandy Rittmann
WIMPIE KRUGER SKRYF:

Ek verwys na die Erongo-berig “Slagspreuk ontstel mense” op bladsy 10 van Dinsdag se Republikein, 21 Julie 2020.

Met alle respek aan Andy Thompson wat die banier verwyder het, was sy bedoelinge volgens my eerlik. Hoekom word daar ophef gemaak van Black Lives Matter? All Lives Matter.

Alle lewens, ongeag van velkleur, maak saak.

En dan kry ons persone soos Janice van Rooy wat haar eie vertolking van die stelling met apartheid probeer regverdig. Hoekom spreek sy haar nie eerder uit oor die krimineel wat sy twee weke oue babadogter in Rehoboth verkrag het nie, kwansuis onder die invloed van drank en dagga. Nou is daardie lewe wat saak maak dood, maar in ons Namibiese samelewing het kriminele meer regte as die slagoffers.

Kommentaar

Republikein 2026-07-18

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer