Afgetrede verpleegsters gesoek

Henriette Lamprecht
Die ministerie van gesondheid en maatskaplike dienste het 'n beroep op afgetrede verpleegsters tot en met die ouderdom van 65 jaar gedoen om aansoeke in te dien vir tydelike indiensneming op kontrakbasis by verskeie gesondheidsgeriewe oraloor in die land.
Die aansoekvorm vir vrywilligers moet vergesel word van 'n registrasiesertifikaat en 'n mediese verslag wat deur 'n staatsdokter voltooi is. Dit moet voor 6 Augustus gestuur word aan [email protected] of Archie [email protected]. Vir navrae kan (061) 203 2181/4 geskakel word.

Kommentaar

Republikein 2026-05-03

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer