Aanlyn stelsel vir SOE’s bekend gestel
Staatsondernemings maak gemiddeld verliese van N$1 miljard ’n jaar as suksesvolle uitsonderings uitgesluit word.
Augetto Graig – Die ministerie van staatsondernemings (SOE’s) het gister ’n nuwe aanlyn finansiële moniteringstelsel vir staatsondernemings ter waarde van N$900 000 in die hoofstad bekend gestel.
Volgens minister Leon Jooste is die hoeveelheid en gehalte van data uiters belangrik vir die uitoefening van funksies, “en een van die eerste dinge wat ons besef het toe die ministerie in 2015 geskep is, was dat baie min data beskikbaar was en dat baie van die data oud of onakkuraat was.
Jooste brei uit dat die ministerie sedert die oorsig van 23 kommersiële staatsondernemings, 43 nie-kommersiële staatsondernemings en agt buitebegrotingsfondse oorgeneem het.
“Ons hanteer totale bates van N$104 miljard; N$66,2 miljard in kommersiële staatsondernemings, N$16,8 miljard in agt buitebegrotingsfondse en N$21 miljard in terme van nie-kommersiële staatsondernemings,” sê hy.
“Ons het verskillende duur sagteware-oplossings geëvalueer, maar het besluit om 'n proses te begin om ons eie stelsel te ontwikkel. Ons het ons eie data begin versamel, en ons korporatiewe eenheid vir hervormingsadvies het 'n groot hoeveelheid data versamel wat in 'n Excel-gebaseerde sigblad bekend as Public Enterprises Monitoring and Evaluation System (PEMES), ingevoer is,” sê hy.
“PEMES was egter 'n handstelsel waar inligting ingesamel moes word en dan met die hand in die stelsel ingetik moes word. Die GIZ het ons gelukkig te hulp gesnel, en met die ministerie saamgewerk om hierdie web-gebaseerde databasis vir veelvoudige gebruikers te ontwikkel,” sê hy.
Die SOE’s het reeds toegang tot die stelsel en die meerderheid begin reeds om dit te gebruik.
“Ons sal ook hierdie stelsel aan spesifieke amptenare by die ministerie van finansies en die Nasionale Beplanningskommissie toeganklik maak, om hul beplanningsvermoëns te verbeter,” sê die minister.
Daar is ook ’n skakel na die stelsel op die ministerie se webwerf, volgens die woordvoerder, mnr. Johnathan Swartz.
By dieselfde geleentheid het dr. John Steytler, voorheen ekonomiese raadgewer by Staatshuis en nou ekonoom vir die Deutsche Gesellschaft für Internationale Zusammenarbeit (GIZ), uitgebrei oor hoekom hulle vir die nuwe stelsel betaal. Duitsland ondersteun die ministerie met 2 miljoen euro oor drie en ’n halwe jaar tot Mei 2022, sê Steytler.
Staatsondernemings in Namibië skep werk vir meer as 17 000 werknemers, sê hy, en speel ’n kernrol in die ontwikkeling van die land, onder meer deur voorsiening van krag, water, telekommunikasiedienste en vervoer.
“Die oorgrootte meerderheid van hierdie ondernemings werk egter ondoeltreffend, en weens verliese is baie staatsondernemings afhanklik van reuse-likiditeitsondersteuning vanaf die staatskas en die belastingbetaler. Die Covid-19-pandemie het hierdie situasie vererger,” sê hy.
Dit dra by tot openbare skuld wat teen 70% van die bruto binnelandse produk (BBP) onvolhoubaar is, sê hy.
Nog erger vermeerder die hoeveelheid staatsondernemings wat ’n verlies toon, en as mens uitsonderinge soos NamPower en MTC uit berekening haal, is die gemiddelde verlies oor die laaste ses jaar sowat N$1 miljard ’n jaar, sê hy.
“As 'n noodsaaklike stap op die pad na algehele, omvattende prestasiemonitering van staatsondernemings, wat ons hoop om in die loop van die jaar 2022 te bereik, het meer as 20 staatsondernemings reeds tydens die loodsfase sedert verlede jaar, hierdie finansiële moniteringstelsel geïmplementeer,” sê hy.
“Die volgende belangrike proses is die geïntegreerde prestasiebestuursraamwerk en die volgende geïntegreerde prestasie-evaluerings- en bestuurstelsel, wat binnekort gefinaliseer sal word. Dit sal ons in staat stel om prestasies van ons openbare ondernemings onmiddellik te monitor, en te evalueer, om te verseker dat probleme vooraf geïdentifiseer word,” het Jooste gesê.
Die beleid oor eienaarskap van SOE’s en die hervormingsplan vir staatsondernemings word ook gefinaliseer, sê hy.
- [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie