96 sterftes, 1 052 nuwe gevalle

Henriette Lamprecht
Die Covid-serftesyfer styg met 96 tot 2 467. Gobabis-distrik het die meeste (22) gevolg deur Oshakati-distrik (20), Outapi (10), Katima Mulilo en Oshikuku met ses elk, Onandjokwe, Grootfontein en Swakopmund met vier elk, Windhoek, Usakos en Okahao met drie elk, Okakarara, Keetmanshoop en Engela met twee elk, Tsandi, Outjo, Andara, Mariental en Tsumeb met een elk. Agtien van die sterftes ws in Junie, 57 tussen 1 tot 13 Julie en 21 Vrydag. 'n Totaal van 39 (41%) was tuissterftes met die meeste in Gobabis (14), Oshakati (10) en Katima Mulilo ses. Vier gevalle (4%) het hul eerste dosis entstof ontvang.
Gister is 1 052 nuwe gevalle aangemeld (positiewe koers van 31%) en waarvan die meeste in Khomas (19%) was gevolg deur Erongo met 12%. Die nuwe gevalle sluit 89 leerlinge, tien onderwysers, 18 studente en 32 gesondheidswerkers in. Uit al die gevalle het 19 (1,5%) een dosis entstof ontvang, terwyl drie en volle ingeënt is.
Die aktiewe gevalle staan nou op 22 273 waarvan 565 in die hospitaal en 114 in die ICU is.
Tot op hede is 135 700 mense ingeënt waarvan 34 288 ten volle ingeënt is. Die herstelkoers skuif tot 78%.









Kommentaar

Republikein 2025-08-24

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer