80 sterftes, 1 496 nuwe gevalle

Henriette Lamprecht
Die sterftesyfer vir Namibië skiet met nog 80 op tot 1 991. Hiervan was 46 in Junie. Onder die sterfgevalle is 'n tweejarige meisie. Windhoek het die hoogste getal sterftes naamlik 32, gevolg deur Gobabis met 13, Rehoboth met tien, Okahandja en Swakopmund vier elk, Outapi en Tsumeb drie elk, Otjiwarongo, Mariental en Luderitz-distrikte twee elk en Nankudu, Okakarara, Khorixas, Okongo en Oshikuku een elk. 28 het in die week van 1 tot 8 Julie gesterf en ses op 10 Julie. Onder die sterfgevalle het 15 tuis gesterf waaronder ses in Windhoek, vier in Gobabis en een elk in Okahandja, Swakopmund, Outapi, Nankudu en Oshikuku.
Gister is 1 496 nuwe gevalle aangeteken (positiewe koers van 41%). Erongo het die meeste gevalle (18%), gevolg deur die 13% van Oshana. Onder die gevalle is 157 leerlinge, 42 onderwysers, 27 studente, 64 gesondheidswerkers waarvan 34 in die Oshakati-distrik is. Uit al die gevalle het 60 een dosis entstof gehad (4%), terwyl tien ten volle ingeënt was.
Die aktiewe gevalle staan op 25 636 waarvan 581 in die hospitaal en 103 in die ICU.
Tot op hede is 131 019 mense ingeënt waarvan 30 305 ten volle ingeënt is. Die herstelkoers bly op 74%.


Kommentaar

Republikein 2025-05-13

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer