726 nuwe gevalle, 13 sterftes
Die Covid-sterftes vir Namibië sedert die uitbreking van die pandemie in Maart verlede jaar het die duisend-kerf verbygesteek, met 13 nuwe sterftes - agt van Windhoek, twee van Swakopmund en een elk van onderskeidelik Rundu, Rehoboth en Walvisbaai - wat die totaal nou op 1 008 te staan bring. Vandag is 726 nuwe gevalle (positiewe koers van 46%) aangemeld waarvan 281 in Windhoek is. Die aktiewe gevalle staan tans op 9 609 waarvan 377 in die hospitaal, 72 in die ICU en 25 in hoësorg is. Die herstelkoers bly op 84% en 88 649 mense wat teen Covid-19 ingeënt is.
Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie