30 sterftes, 1 661 nuwe gevalle
Donderdag (1 Julie) is 30 nuwe sterftes aangeteken - Windhoek en Swakopmund onderskeidelik nege elk, Okahandja en Tsumeb onderskeidelik drie elk, Rundu en Opuwo onderskeidelik twee elk en een elk in Walvisbaai en Onandjokwe. Al die sterftes was in gesondheidsgeriewe en geen van die sterftes wat ingeënt teen Covid-19 nie. Dit bring die totale sterftes vir die land op 1 586 te staan.
Op dieselfde dag is 1 661 nuwe gevalle (positiewe koers van 46%) aangeteken waarvan 38 onderwysers, 193 leerlinge, 17 studente en 38 gesondheidswerkers is. Uit al die bevestigde gevalle het 16 (1%) ten minste een dosis Covid-enstof ontvang, terwyl net een ten volle ingeënt is.
Die aktiewe gevalle staan op 22 562 aktiewe gevalle waarvan 531 in die hospitaal en 88 in die ICU is. Die herstelkoers staan op 74% en tot op hede is 122 381 mense teen Covid ingeënt waarvan 25 422 reeds hul tweede dosis ontvang het.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie