27 sterftes, 1 403 nuwe gevalle
Die Covid-sterftes styg met 27 - tien in Windhoek, drie elk in onderskeidelik Oshakati en Onandjokwe, twee elk in onderskeidelik Okahandja, Tsumeb en Rehoboth en een elk in onderskeidelik Mariental, Walvisbaai, Katima Mulilo, Andara en Swakopmund - tot 1 161. Gister is 1 403 nuwe gevalle aangeteken, 'n positiewe koers van 39%. In Windhoek is 548 (40%) van die gevalle aangeteken teenoor die 12% (164) van Erongo. Tans is daar 12 743 aktiewe gevalle, 505 in die hospitaal waarvan 79 in die ICU is. Die herstelkoers is 81% en tot op hede is 104 103 mense teen Covid-19 ingeënt.
Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie