2020 Bank Windhoek-triënnale: Hier is die wenners

Yandi Du Plessis
Die toekenningseremonie en amptelike opening van die 2020 Bank Windhoek triënnale het vandag om 16:00 plaasgevind. Met altesaam 491 inskrywings, waarvan 233 van kunstenaars buite Windhoek is, het die geleentheid beloof om groter en beter as ooit vantevore te wees.
Baie van die inskrywings het van kunstenaars buite Windhoek gekom, en al die wenners kon dus nie by die geleentheid teenwoordig wees nie.
Hier is die wenners:
Algehele Wenner:
Saima Iita met sy kunswerk Women feelings in the 20th century.
Tekstielkuns:
1ste plek – Ina Maria Shikongo
2de plek – Batseba Kausiona
3de plek – Rumarchen Vries
Kontemporêre Kuns (voorheen bekend as Kunsvlyt):
1ste plek – Anastacia Karenga
2de plek – Evelin Gorases
3de plek – Mary Mukedwa
Tweedimensionele Kuns:
1ste plek – Ismael Shivute
2de plek – Lindley Hoaeb
3de plek – Leonard Michael Abrahams
Driedimensionele Kuns:
1ste plek – Saima Iita
2de plek – Elisia Nghidishange
3de plek – Kambazunda Ngavee
Nuwe Media:
1ste plek – Gideon Megameno Kashile
2de plek – Ndasuunje Shikongeni
3de plek – Urte Remmert
Beste Nuweling:
Joe Kapena
Lewenslange Prestasie:
Peter Mwahalukange en Cathy McRoberts



Foto: Snobia Kaputu, die NAGN se uitvoerende hoof en Bank Windhoek se hoof van korporatiewe maatskaplike beleggings, borgskappe en geleenthede, Bronwyn Moody, by die algehele wenner, Saima Iita. Foto Facebook

Kommentaar

Republikein 2026-05-15

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer