190 leerlinge onder 302 nuwe gevalle

Henriette Lamprecht
Onder vandag se 302 nuwe gevalle is 190 leerlinge waaronder 90 van die senior sekondêre skool Ekulo in die Omuthiya-distrik. Die nuwe gevalle sluit ook 13 onderwysers en vyf gesondheidswerkers in.

Nog 148 mense het herstel wat die herstelkoers op 94% te staan bring. Die aktiewe gevalle is 1 850 waarvan 128 in die hospitaal en nege in ICU is.

Nog drie sterftes is aangeteken waaronder op Otjiwarongo, Katima Mulilo en Windhoek. Die totaal staan nou op 402.

Kommentaar

Republikein 2025-12-22

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer