1 084 nuwe gevalle, 15 sterftes
Vyftien sterftes - vyf in Keetmanshoop, drie elk in Windhoek, Okahandja en Grootfontein en een in Otjiwarongo - skuif die totaal op tot 1 179. Gister is 1 084 nuwe aangemeld waaronder 215 leerlinge, 14 onderwysers, 13 gesondheidswerkers en sewe studente. Die positiwe koers staan op 42%. Die aktiewe gevalle staan op 14 092 waarvan 516 in die hospitaal en 90 in die ICU is. Die herstelkoers staan op 80% en 104 530 mense is teen Covid-19 ingeënt.


Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie