Een van die Fishrot-beskuldigdes, mnr. Tamson "Fitty" Hatuikulipi. Foto Kristien Kruger
Een van die Fishrot-beskuldigdes, mnr. Tamson "Fitty" Hatuikulipi. Foto Kristien Kruger

PAS IN: 'Fitty' se borgtogaansoek uitgestel

Kristien Kruger
Een van die Fishrot-beskuldigdes moes vandag in die hoërhof in Windhoek verskyn vir slotbetoë in sy borgtogaansoek, maar die saak is uitgestel tot 12 Desember.

Mnr. Tamson "Fitty" Hatuikulipi se borgtogaansoek wat op nuwe feite gebaseer is, het reeds in Julie vanjaar begin en partye sou vandag slotbetoë lewer waarna regter Orben Sibeya 'n datum vir die uitspraak sou skeduleer.

Hatuikulipi se regsverteenwoordigers, mnre. Richard Metcalfe en Florian Beukes, was vandag afwesig en daarom is die saak uitgestel.

Metcalfe se ma is verlede naweek oorlede en hy is glo nie gereed om met die borgtogaansoek voort te gaan nie. Beukes is glo siek.

Hatuikulipi sal in aanhouding bly tot op 12 Desember. Op dieselfde dag verskyn twee van sy medebeskuldigdes, mnre. Bernard Esau en Nigel van Wyk, vir die begin van hul borgtogaansoek.

Kommentaar

Republikein 2026-07-22

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer