Net 13 en reeds ’n krieketster
Gillmer Horn skitter op die krieketveld
Op net 13-jarige ouderdom maak Gillmer Horn van Windhoek Afrikaanse Privaatskool (WAP) golwe in die Namibiese krieketwêreld. Die jong kaptein en paaltjiewagter van die o.13 WAP-A-span het die afgelope naweek sy ouderdomsgenote verstom deur in net één dag 522 lopies in twee T20-wedstryde aan te teken.
In die eerste wedstryd teen o.13 Edugate het Horn 303 nie-uit in 82 balle aangeteken, met 37 sesse en 17 viere, wat sy span ’n reuseoorwinning van 275 lopies besorg het. Teen o.13 Pro-Ed Akademie A het hy 219 nie-uit in 77 balle aangeteken, met 22 sesse en 13 viere, en sy span ’n oorwinning van 135 lopies besorg.
Sy ma, Welma Horn, sê: “Ek is so trots op hom. As ’n ma wil jy net sien hoe jou kind doen waarvoor hy lief is, en Gillmer het sy tyd by WAP op ’n hoogtepunt afgesluit."
“Ons hier by WAP weet Gillmer is nie net talentvol nie, maar dat hy ook baie hard werk om die talente wat God vir hom gegee het, te ontwikkel. Gillmer pluk nou die vrugte van sy toewyding en selfdissipline vandat hy ’n klein seuntjie was. Gillmer, ons is trots op jou en gaan jou mis, maar ons gun jou die geleentheid om in Suid-Afrika te groei en te ontwikkel. Solank jy eendag vir die Eagles kom speel,” sê Alida Hill, hoofuitvoerende beampte van Windhoek Afrikaanse Privaatskool.
Al is hy nog net 13, het Horn oor die afgelope vier jaar reeds meer as 10 000 lopies aangeteken, met talle vyftigtalle en honderdtalle. Sy passie, vasberadenheid en liefde vir die spel het selfs Hoër Jongenskool Paarl se aandag getrek, waar hy vanaf 2026 in graad 8 sal begin.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie