Groot harte, klein hande
Aan die begin van die skooljaar het die matrieks ’n tradisie begin wat vinnig een van die mees betekenisvolle dele van hul laaste hoofstuk by die skool geword het, en graad 1’s se eerste.
Op spesiale dae dwarsdeur die jaar sou die matrieks een van hul skoolperiodes opoffer om die wêreld van die graad 1’s te betree, waar klei kuns geword het, paaseiers ’n skat geword het, en ’n eenvoudige kaartjie ’n meesterstuk sou word. Wat as ’n klein idee begin het, het iets veel groter geword: ’n brug tussen generasies.
Al lyk ’n gebaar soos om paaseiers vir ’n klas vol seuntjies en dogtertjies weg te steek dalk klein, het die matrieks geweet dat hulle ’n blywende impak op die graad 1’s sou maak. “Hulle opgewonde gesiggies maak dit alles die moeite werd,” sê hoofseun GP van Zyl.
Hierdie aktiwiteite het nie net vir die graad 1’s baie beteken nie, maar het ook die graad 12’s herinner aan waar hul skoolloopbaan begin het en waar dit sal eindig: in ’n klaskamer. Klein geleenthede soos hierdie skep groot herinneringe vir albei groepe. Hierdie tradisie leer die graad 12’s meer oor verantwoordelikheid, deernis en geduld - eienskappe wat hulle op hul pad na volwassenheid sal help.
Aan die begin van die jaar, toe die skoolhoof, Johan Swiegers, vir die matrieks vra wat hulle wil hê hul nalatenskap by die skool moet wees, was hul antwoord dat hulle die leerlinge van die skool op ’n positiewe manier wil beïnvloed deur ’n kultuur van omgee en deernis agter te laat. Watter beter manier as om by die heel begin te begin, by die graad 1’s?
In ’n wêreld wat dikwels so vinnig beweeg, gee hierdie geleentheid die matrieks ’n kans om stil te staan en hulself te herleef in die graad 1’s. Dit herinner almal waaraan skool regtig behoort: leer en groei as ’n gemeenskap. Terwyl die matrieks voorberei om hul eie paaie te volg, los hulle nie net voetspore in die gange nie, maar ook herinneringe in klein harte.
Mag hierdie tradisie voortleef as ’n eenvoudige daad van omgee wat ’n groot verskil maak.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie