vrou
vrou

Vrou koelbloedig deur rowers doodgeskiet

Eliot Ipinge
'n 39-jarige vrou, Finna Natangwe Nghifikwa, is Dinsdagaand tydens 'n gewapende rooftog in Windhoek se Wanaheda-woonbuurt koelbloedig doodgeskiet.

Nghifikwa, die eienaar van September Creations, is omstreeks 19:00 in Kigalistraat aangeval. Sy en 'n vriendin is na bewering na die plek gelok onder die voorwendsel dat hulle 'n kamer wat te huur was, kon besigtig.. Die twee vroue is opgelaai deur 'n individu wat gesê het hy sal hulle na die betrokke die eiendom te neem.

Die oomblik toe die vroue egter in die voertuig was, het die verdagtes hulle na bewering met 'n vuurwapen aangehou en van hul selfone beroof. Tydens die voorval is Nghifikwa geskiet.

Sy is na die Katutura-gesondheidsentrum – voorheen bekend as die Black Chain-kliniek – gehaas, maar is met aankoms dood verklaar.

Na bewering het die voorval en haar skietdood in die teenwoordigheid van Nghifikwa se vyfjarige kind plaasgevind het, hoewel die polisie hierdie besonderhede nie kon bevestig het nie. Niemand is nog in verband met die voorval in hegtenis geneem nie.

Kommentaar

Republikein 2025-07-29

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer