Voortvlugtige vas vir moord op meisie
'n Veewagter wat daarvan beskuldig word dat hy sy meisie vroeër vanjaar vermoor het, is deur die polisie in hegtenis geneem. Daniel Ngomo was voortvlugtig nadat hy sy meisie, Josefina Ndeshihala Haikali, op 8 April by die Oshanashomupanda-nedersetting vermoor het. Volgens die polisie is Ngomo by die Omatako-nedersetting in die Otjozondjupastreek vasgetrek. Hy verskyn Maandag in die landdroshof op Ondangwa op 'n aanklag van moord.
Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie