Vier sterftes ruk Kavango-Oos oor naweek
Twee verdrinkings en twee onverklaarbare sterftes is oor die naweek in die streek aangemeld.
’n Somber wolk het die afgelope naweek oor die Kavango-Oosstreek gehang met vier sterftes wat in die jongste polisieverslag aangemeld is.
’n Tragedie het Saterdag in Rundu se Sikanduko-nedersetting plaasgevind toe die liggaam van die 18-jarige Kupembona Markus Kandandu in ’n diep stroom water ontdek is.
Hy word sedert Woensdag vermis nadat hy saam met ’n vriend voëls gaan jag het. Volgens die vriend is hulle uit ’n plaaslike tuin weggejaag en het die twee in verskillende rigtings gehardloop. Daar word geglo dat Kandandu gegly en in ’n stroom geval het, waar sy liggaam onder water gebly het totdat dit deur sy oom gevind is tydens ’n dae lange, familie-geleide soektog.
* Nog ’n noodlottige verdrinking het Vrydagmiddag in Shamundambo in die Mukwe-kiesafdeling plaasgevind, waar die 11-jarige Kavamba Olavi Tuhupure vermoedelik verdrink het terwyl hy saam met ander kinders in die rivier geswem het. Sy liggaam was nog nie ten tyde van die berig gevind nie en die polisie se soektog is steeds aan die gang.
Owerhede het ouers en voogde weer eens versoek om waaksaam te bly, veral naby watermassas, en gemeenskappe daaraan herinner om vermiste persone sonder versuim aan te meld.
ONVERKLAARBARE STERFTES
Kashera Kangandi (20) het Saterdag ineengestort en gesterf terwyl hy saam met sy 12-jarige neef in die Ndiyona-nedersetting kerk toe gestap het.
Volgens die polisie het Kangandi na bewering ongesteld gevoel. Hy het gevra om onder ’n boom te rus, waar hy bloed begin opgooi het. Hy is met sy aankoms by die Nyangana-hospitaal dood verklaar.
* Sondag is die liggaam van Alexander Moyo Moyo in Gcude in die Ndiyona-gebied langs ’n voetpad ontdek. Die 52-jarige het na bewering omstreeks 10:00 die huis verlaat. ’n Groep kinders het op sy liggaam afgekom.
Die polisie het gesê daar was geen sigbare beserings of tekens van vuilspel nie en ’n nadoodse ondersoek word nog uitgevoer.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie