Staatsamptenaar vas vir beweerde korrupsie
’n Staatsamptenaar en twee lede van die publiek is op klagtes van beweerde bedrog vasgetrek. Nickey Mutame, senior ontleder in die ministerie van werke en transport, Denise Dausas en Koeloemeid Tshantshana, 'n kassiere by ’n diensstasie op Okahandja, het glo 'n brandstofkaart van die regeringsvloot vir ongemagtigde transaksies van meer as N$80 000 gebruik. Die drie is op 11 April deur die Teenkorrupsiekommissie (ACC) in hegtenis geneem en het in die landdroshof op Okahandja verskyn. Hulle bly in aanhouding tot 10 Mei vir 'n borgtogaansoek.
Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie