Skroewedraaier-moord: Vrou borgtog geweier

Kenya Kambowe
Kenya Kambowe – ’n Vrou wat daarvan beskuldig word dat sy haar kêrel met ’n skroewedraaier doodgesteek het, is Maandag borgtog in die Ondangwa-landdroshof geweier.

Epifania Diladileni Teteleni (37), wat as skoonmaker by die Onandjokwe-staatshospitaal werksaam is, het onlangs by die hof gepleit om haar op borgtog vry te laat aangesien sy die broodwinner en ’n ma van drie kinders is. Sy beweer haar aanhouding sal daartoe lei dat sy haar werk sal verloor.

Landdros Nelao Ya France het beslis die staat het ’n sterk saak teen Teteleni en dat die aanklagte teen haar van ’n ernstige aard is.

Ya France het bygevoeg dat daar ’n kommerwekkende hoë aantal voorvalle van geslagsgebaseerde geweld in die land voorkom en dit nie in die belang van geregtigheid sal wees om haar op borgtog vry te laat nie.

Teteleni is op 10 Februarie in hegtenis geneem vir die moord op die 28-jarige Samuel Amutengelo Tuhafeni. Luidens hofstukke het ’n bakleiery oor ’n motor – waarvan beide Teteleni en Tuhafeni eienaarskap geëis het – tot die moord gelei.

HOFVERRIGTINGE

Tydens hofverrigtinge het ’n emosionele Teteleni die hof ingelig dat sy die broodwinner in haar huishouding is en dat sy na haar drie kinders, vyf werklose broers en susters en bejaarde ma omsien.

Teteleni het ook erken dat sy ’n lewe geneem het en bygevoeg dat dit uit selfverdediging was.

“Ek is skuldig dat ek die lewe uit iemand geneem het,” het sy getuig.

Volgens haar het Tuhafeni dié noodlottige oggend omstreeks 03:00 by die huis gekom en sy het vir die sleutels van die motor, wat hy as taxi bestuur het, gevra. Toe hy die sleutels oorhandig het, het Teteleni glo na ’n vriend gegaan, wat haar na die motor vergesel het. Hulle het Tuhafeni en ’n mansvriend langs die pad ontmoet en ’n bakleiery het uitgebreek.

Tuhafeni het na bewering die motor se vensters gebreek en ’n skroewedraaier uit die voertuig gehaal, wat hy na bewering gebruik het om Teteleni mee te steek. Die paartjie het glo met mekaar begin stoei, Teteleni het haar kêrel oorrompel en – toe sy die skroewedraaier in die hande gekry het – het sy hom na bewering in die bors gesteek.

Teteleni en Thuhafeni was glo vir meer as twee jaar in ’n romantiese verhouding.

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-09-19

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Real Betis 2 vs 1 Getafe | Mallorca 1 vs 0 Real Sociedad | Rayo Vallecano 3 vs 1 Osasuna SerieA: SS Lazio 2 vs 1 Hellas Verona | Parma 2 vs 3 Udinese Katima Mulilo: 19° | 40° Rundu: 20° | 39° Eenhana: 17° | 37° Oshakati: 17° | 35° Ruacana: 17° | 35° Tsumeb: 21° | 34° Otjiwarongo: 14° | 33° Omaruru: 13° | 33° Windhoek: 12° | 29° Gobabis: 10° | 29° Henties Bay: 10° | 16° Wind speed: 24km/h, Wind direction: S, Low tide: 05:02, High tide: 11:41, Low Tide: 18:01, High tide: 00:18 Swakopmund: 11° | 13° Wind speed: 27km/h, Wind direction: SW, Low tide: 05:00, High tide: 11:39, Low Tide: 17:59, High tide: 00:16 Walvis Bay: 10° | 16° Wind speed: 27km/h, Wind direction: S, Low tide: 05:00, High tide: 11:38, Low Tide: 17:59, High tide: 00:15 Rehoboth: 8° | 27° Mariental: 10° | 25° Keetmanshoop: 8° | 22° Aranos: 8° | 26° Lüderitz: 10° | 34° Ariamsvlei: 8° | 21° Oranjemund: 9° | 27° Luanda: 21° | 23° Gaborone: 14° | 27° Lubumbashi: 17° | 37° Mbabane: 8° | 10° Maseru: 4° | 11° Antananarivo: 12° | 29° Lilongwe: 21° | 32° Maputo: 16° | 19° Windhoek: 12° | 29° Cape Town: 12° | 19° Durban: 12° | 17° Johannesburg: 8° | 18° Dar es Salaam: 23° | 28° Lusaka: 23° | 36° Harare: 19° | 32° Currency: GBP to NAD 23.04 | EUR to NAD 19.38 | CNY to NAD 2.47 | USD to NAD 17.43 | DZD to NAD 0.13 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.28 | EGP to NAD 0.35 | KES to NAD 0.13 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.66 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.21 | RUB to NAD 0.19 | INR to NAD 0.21 | USD to DZD 132.25 | USD to AOA 926.84 | USD to BWP 13.21 | USD to EGP 48.48 | USD to KES 128.48 | USD to NGN 1593.37 | USD to ZAR 17.47 | USD to ZMW 26.25 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index Same 0 | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1813.42 Down -0.03% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 14088.04 Up +0.64% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 30342.46 Up +0.61% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 584.36/OZ UP +0.97% | Copper US$ 4.31/lb UP +1.58% | Zinc US$ 2 932.80/T UP 0.89% | Brent Crude Oil US$ 74.89/BBP UP +2.59% | Platinum US$ 987.22/OZ UP +2.03% Sport results: LaLiga: Real Betis 2 vs 1 Getafe | Mallorca 1 vs 0 Real Sociedad | Rayo Vallecano 3 vs 1 Osasuna SerieA: SS Lazio 2 vs 1 Hellas Verona | Parma 2 vs 3 Udinese Weather: Katima Mulilo: 19° | 40° Rundu: 20° | 39° Eenhana: 17° | 37° Oshakati: 17° | 35° Ruacana: 17° | 35° Tsumeb: 21° | 34° Otjiwarongo: 14° | 33° Omaruru: 13° | 33° Windhoek: 12° | 29° Gobabis: 10° | 29° Henties Bay: 10° | 16° Wind speed: 24km/h, Wind direction: S, Low tide: 05:02, High tide: 11:41, Low Tide: 18:01, High tide: 00:18 Swakopmund: 11° | 13° Wind speed: 27km/h, Wind direction: SW, Low tide: 05:00, High tide: 11:39, Low Tide: 17:59, High tide: 00:16 Walvis Bay: 10° | 16° Wind speed: 27km/h, Wind direction: S, Low tide: 05:00, High tide: 11:38, Low Tide: 17:59, High tide: 00:15 Rehoboth: 8° | 27° Mariental: 10° | 25° Keetmanshoop: 8° | 22° Aranos: 8° | 26° Lüderitz: 10° | 34° Ariamsvlei: 8° | 21° Oranjemund: 9° | 27° Luanda: 21° | 23° Gaborone: 14° | 27° Lubumbashi: 17° | 37° Mbabane: 8° | 10° Maseru: 4° | 11° Antananarivo: 12° | 29° Lilongwe: 21° | 32° Maputo: 16° | 19° Windhoek: 12° | 29° Cape Town: 12° | 19° Durban: 12° | 17° Johannesburg: 8° | 18° Dar es Salaam: 23° | 28° Lusaka: 23° | 36° Harare: 19° | 32° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.04 | EUR to NAD 19.38 | CNY to NAD 2.47 | USD to NAD 17.43 | DZD to NAD 0.13 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.28 | EGP to NAD 0.35 | KES to NAD 0.13 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.66 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.21 | RUB to NAD 0.19 | INR to NAD 0.21 | USD to DZD 132.25 | USD to AOA 926.84 | USD to BWP 13.21 | USD to EGP 48.48 | USD to KES 128.48 | USD to NGN 1593.37 | USD to ZAR 17.47 | USD to ZMW 26.25 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index Same 0 | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1813.42 Down -0.03% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 14088.04 Up +0.64% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 30342.46 Up +0.61% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 584.36/OZ UP +0.97% | Copper US$ 4.31/lb UP +1.58% | Zinc US$ 2 932.80/T UP 0.89% | Brent Crude Oil US$ 74.89/BBP UP +2.59% | Platinum US$ 987.22/OZ UP +2.03%