Skelms by kus peuter met wielmoere
Kan tot ongelukke lei
Motoriste word aangeraai om seker te maak die moere is vasgedraai voordat hulle die lang pad vat.
Die afgelope tyd het ses voertuigeienaars by TM Automotive Repairs op Hentiesbaai om hulp aangeklop om hulle voertuie se wielmoere weer te laat vasdraai.
“Hoewel net dié ses voertuie by ons opgedaag het, het veral vroue op ons dorp se Facebook-blaaie melding van ‘n soortgelyke ervaring gemaak,” het Amelia du Toit van TM Automotive Repairs gesê.
“My man, Tim, het ook agtergekom dat die moere oorkruis, wat beteken dit word links voor en regs agter of andersom losgedraai. Dit is baie gevaarlik, want jy kan jou band verloor terwyl jy bestuur, wat daartoe kan lei dat jou voertuig omslaan of voor aankomende verkeer inry.”
Al ses dié voertuie het vanuit Swakopmund gery.
Basie Cloete was die jongste slagoffer en het mense wat vanuit Swakopmund ry aangeraai om eers langs die pad stil te hou om seker te maak al die wielmoere is vas.
“Ek het gery en ‘n harde klapgeluid net voor Wlotzkasbaken gehoor. Ek het vir Tim gebel en hy het gesê ek moet na my moere kyk. Ek het gaan kyk en links voor was twee weg en regs agter was al ses op die punt om uit te val,” het Cloete vertel.
“As iemand hulp nodig het en wil seker maak dat jou bande nie afval nie, bring jou voertuig vir ons en ons sal dit vastrek. Niemand hoef daarvoor te betaal nie, ons doen dit gratis vir julle om groot potensiële skade en hartseer te voorkom,” het Du Toit gesê.
[email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie