Seuns van moord, verkragting aangekla
Vroue, kinders bo-aan slagoffers lys
Die Epako-gemeenskap is in sak en as ná 'n dubbele moordtragedie die naweek en vra vrae waarom kinders moord pleeg.
’n Dubbele moordklag word op Epako in die Omahekestreek ondersoek nadat 'n 13-jarige seun glo ’n 26-jarige vrou en haar twee kinders aangeval het.
Die voorval het Vrydag omstreeks 11:20 by ’n huis in die paaiekamp in die Epako-nedersetting in die Gobabis-distrik plaasgevind. Na bewering het ’n oproer binne die huis tussen Nacky Macthanisia Dalime Menatzick en die seun ontstaan.
“Sy was saam met haar twee kinders en die seun binne die huis toe die oproer begin het. Na bewering het die bure opgemerk dat die verdagte die deur toegemaak het om te verhoed dat enigiemand uit die huis kon kom,” lui die weeklikse misdaadverslag van die Namibiese polisie.
“Daar word verder beweer dat die bure gekyk het hoe die ma haar seun deur die venster stoot om hulp te soek. Die buurman het toe aanhoudende gille en geskreeu gehoor totdat daar stilte was.”
Die sesjarige seun het na die Epako-polisiekantoor gehardloop het en die voorval by die polisie aangemeld het.
“Toe die polisie saam met die seun by die misdaadtoneel aankom, het hulle op die lewelose liggaam van sy ma en sy beseerde driejarige sussie, Delanie Esther Menatzick, afgekom.
Die sussie is per ambulans na die Gobabis-staatshospitaal gehaas, maar het aan haar beserings beswyk. Die 6-jarige seun is na die Epako-kliniek geneem waar hy mediese hulp ontvang het, aangesien hy ook gesteek is. Die ma en die dogter se liggaam is na die Gobabis-staatslykshuis vir lykskouingsreëlings vervoer.
Volgens die polisie is die beweerde moordwapen op die toneel gevind. Die verdagte is in hegtenis geneem.
Gemeenskapslede is geruk oor die dubbele moord en vra vrae waarom kinders moord pleeg. As die kindertyd van 'n moordenaar met swaarkry en mishandeling gevul is, kan gesê word hy of sy was die slagoffer van pynlike omstandighede. Was daardie saadjie maar altyd daar? Hoe groot is die rol van jou gene in misdaad? Maar enige gene betrokke by kriminele gedrag ontvou in 'n ingewikkelde interaksie met jou omgewing.
"’n Kind word nie stout of 'n misdadiger gebore nie," sê dr. Pixie du Toit, bekende Suid-Afrikaanse kriminoloog. "Daar is baie redes waarom kinders so ver gaan om moord te pleeg. Dit regverdig nie hul gedrag nie. Maar dis hul logika, hulle voel te na gekom, woede neem oor en hulle tree impulsief op. En wil net die wêreld terugkry wat hulle so afknou."
GRUVONDS IN PUTTOILET
Intussen het twee ma’s na bewering probeer om van hul pasgebore babas ontslae te raak.
’n Babameisie van tussen een en twee dae oud is Vrydag omstreeks 07:00 in ’n puttoilet in die landerye in die Olwiili-nedersetting in die Okalongo-kiesafdeling naby Onandjaba ontdek.
“Nadat die polisiebeamptes die inligting ontvang het, het hulle vinnig gereageer en ’n baba in die puttoilet hoor huil. Hulle het met die hulp van gemeenskapslede ’n gat gegrawe om toegang tot die toilet te verkry en die baba uitgehaal. Na bewering het die verdagte geboorte aan die babameisie geskenk en haar in die puttoilet gegooi en binne-in die toilet vuur gemaak het, met die doel om haar te vermoor,” lui die verslag.
Die baba het ernstige brandwonde opgedoen. Die baba is op die toneel aan die verpleegsters oorhandig en na die Okalongo-gesondheidsentrum vervoer, waar sy mediese behandeling ontvang het voordat sy na die St. Martin-hospitaal in Oshikuku, oorgeplaas is vir verdere mediese aandag.
Die ma, ’n 23-jarige Namibiese vrou is in verband met moord en dwarsboming van die gereg in hegtenis geneem. Sy sal na verwagting vandag in die Outapi-landdroshof verskyn.
Die ander voorval het in Walvisbaai Saterdag omstreeks 22:25 in die oop gebied regoor die Kuisebmond-polisiekantoor plaasgevind.
“’n Lid van die publiek was op pad van die werk af toe hy ’n baba hoor huil het. Hy het nader gegaan na waar die vragmotors geparkeer was en ’n baba in ’n plastieksak toegedraai gesien, en hy het onmiddellik die polisie gaan waarsku.
“Polisiebeamptes het die toneel besoek en hulle het ’n pasgebore babameisie lewend in ’n plastieksak gevind met die plasenta steeds aangeheg.”
Die baba is na die Walvisbaai-staatshospitaal se kraamafdeling geneem vir verdere mediese sorg. Maatskaplike werkers van die ministerie van geslagsgelykheid en kinderwelsyn is in kennis gestel. Enigiemand met inligting oor die voorval kan hoofinspekteur Shangula kontak by 081 667 6820 of adjudantoffisier Kalipi by 081 240 8039 of 064 219075.
16-JARIGE VERKRAG
GLO 11-JARIGE
Op Mariental is ’n 11-jarige meisie Vrydag omstreeks 13:00 by die nuwe lokasie Takarania glo deur 'n 16-jarige seun verkrag.
“Na bewering het die meisie by ’n ou bus gespeel het naby die woning van die 16-jarige seun. Hy het na bewering die 11-jarige meisie en ’n ander meisie die erf ingeroep en vir hulle gesê om die huis binne te gaan.
” Een van die meisies het glo geweier en die 11-jarige het die huis saam met die verdagte binnegegaan waar die seun glo seksuele omgang met haar gehad," lui die verslag.
Die verdagte is nog nie in hegtenis geneem nie en die polisieondersoek duur voort.
Op Sondag omstreeks 00:15 by Uitbreiding 7 in Orwetoveni in Otjiwarongo is die liggaam van ’n onbekende vroulike slagoffer op haar rug deur ’n verbyganger in ’n beboste gebied tussen die huise gevind.
“Voorlopige ondersoekbevindinge dui daarop dat die slagoffer twee sakke met verskillende kledingstukke en skoene gehad het, aangesien dit naby haar liggaam gevind is. Geen identifikasiedokumente is by haar of in die sakke gevind nie. Daar is geen sigbare beserings aan haar liggaam of enige teken van worsteling wat op hierdie stadium op vuilspel dui nie,” sê die polisie. Haar liggaam is na die hospitaal vervoer vir sertifisering en daarna na die polisielykshuis hangende die nadoodse ondersoek om die oorsaak van haar dood te bepaal. Volgens die polisie blyk die oorledene in haar laat dertigs te wees. Naasbestaandes is onbekend en nog nie in kennis gestel nie.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie