PDM soek strenger vuurwapenwette
Ellanie Smit - Die Popular Democratic Movement (PDM)-parlementslid Hidipo Hamata het gevra vir dringende aksie om die diepgewortelde kwessies wat bydra tot hoë misdaadsyfers in die land te bekamp.
Hy het insette gelewer in ’n debat in die parlement oor groeiende misdaad in Namibië.
Hamata het beklemtoon dat dit van kritieke belang is om die onderliggende faktore te oorweeg wat bydra tot die stygende misdaadsyfers en die onmiddellike maatreëls wat nodig is om die kwessie te takel.
“Namibië staar ’n kommerwekkende toename in misdaadaktiwiteite in die gesig, wat ’n ernstige bedreiging vir die veiligheid en welstand van ons burgers inhou.
“Die stygende misdaadsyfers ondermyn die maatskaplike struktuur van ons gemeenskappe en kweek vrees in die harte van Namibiërs.”
Hamata het gesê een van die beduidende bydraende faktore tot die hoë misdaadsyfer in Namibië is die toegeeflikheid van bestaande wette en regulasies.
PUBLIEKE VEILIGHEID
Hy voer aan die toeganklikheid van vuurwapens het ’n kernrol daarin gespeel om die probleem te vererger.
“Ons huidige vuurwapenregulasies laat in sommige gevalle toe dat hierdie wapens in die verkeerde hande beland, wat tot tragiese gevolge lei.”
Om misdaad doeltreffend te bekamp, moet daar volgens hom ’n holistiese benadering, wat die heroorweging en versterking van vuurwapenregulasies insluit, oorweeg word.
Hy het gesê dit kan help om sommige van die beduidende oorsake van misdaad te takel.
“Dit is noodsaaklik dat ons omvattende agtergrondondersoeke implementeer, verpligte wagperiodes instel en ’n behoeftegebaseerde benadering vir vuurwapen-eienaarskap instel.”
Hy het gesê hierdie maatreëls sal openbare veiligheid verbeter.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie