Pastoor reageer op aantygings
Die pastoor wat aangehaal word in die openingsparagraaf van die berig “Kerkman probeer glo seun verkrag” op die voorblad van gister se Republikein, het kommentaar oor dié beweerde voorval gelewer.
“Ek het nooit gesê moenie ’n klag gaan lê omdat dit ’n skande vir die kerk sal wees nie. Dit is nie my woorde nie. Die seun het aanvanklik gesê sy broek is afgetrek terwyl hy geslaap het en niks verder het gebeur nie. Ek het vir die familie in my eie hoedanigheid gesê ons moet bymekaarkom om die saak te bespreek. Toe ek die Dinsdag gehoor het dat daar wel penetrasie was, het ek die volgende dag vir die ma gesê: ‘Die storie is nou voor die wet. Ons kan nie verder hieroor praat nie, gaan lê ’n klag by die polisie.’ Dit is wat ek gesê het.”
Volgens die pastoor is die man wat daarvan beskuldig word dat hy glo die seun probeer verkrag het, nie ’n lidmaat van sy kerk nie, maar wel ’n gereelde besoeker.
“Ek het ook nooit vir die seun gesê dat hy nie sy ma mag inlig nie. Ek het, inteendeel, die ma oor die insident ingelig en toe dit gebeur het eerste die kind se ouma oor die voorval ingelig. Die ma en die ouma woon op dieselfde erf.
“Ek het teologie gestudeer. Sielkundige berading was een van my vakke terwyl ek geleer het. Ek is daar om kinders te beskerm, waar die kerk ’n plek van veiligheid is en nie om sulke misdade te bevorder nie. Ekself het ook kinders.”
- [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie