PAS IN: Vyf verdagtes vir gewapende rooftog gesoek

Henriette Lamprecht
Vyf verdagtes word deur die polisie gesoek in verband met ‘n gewapende rooftog verlede Woensdag by die Lafrenz Total-vulstasie. Die vyf wat klagtes van roof met verswarende omstandighede, poging tot moord en opsetlike beskadiging van eiendom in die gesig staar, het sekuriteitswagte beroof van kontant wat bestem was vir die kitsbank by die vulstasie. Die mans het sowat N$560 000 gebuit. Die voertuig waarmee hulle weggekom het, ‘n geweer en ‘n leë geldboks is by die sinkhuis van een van die verdagtes gevind. Enigiemand met inligting oor waar die verdagtes hul moontlik kan bevind, moet dadelik met die naaste polisiekantoor in verbinding tree.

Kommentaar

Republikein 2025-12-18

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer