#PAS IN: Sowat 'n miljoen dollar se petrol 'kry voete'
Die Nasionale Petroleumkorporasie van Namibië (Namcor) sê petrolvoorraad ter waarde van sowat N$1 miljoen is uit hul bergingsgeriewe in Walvisbaai gesteel. Ten spyte van dokumentasie wat sê dat voorraad by kliënte afgelaai moes word, sê Namcor in ‘n verklaring daar is geen bewyse dat dit deur die betrokke kliënte ontvang of selfs by hulle aangekom het nie. Namcor sê ’n klag van diefstal is by die polisie aanhangig gemaak en ‘n interne ondersoek is van stapel gestuur. Volgens Namcor het die beweerde diefstal gebeur terwyl die voorraad vervoer is en nie by hul bergingsgeriewe nie.
Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie