NUUSBREKER
NUUSBREKER

#PAS IN: Nog 'n vrou deur kêrel vermoor

Henriette Lamprecht
Die 31-jarige Eva Leena Kalimbo van die Eveline-woonbuurt in Eenhana het vandag in die vroeë oggendure deel van die land se immer stygende statistieke vir geslaggeweld geword, nadat sy deur haar kêrel vermoor is. Laurence Kapule Ndaoya het Kalimbo se keel en nek gesny en haar ook herhaaldelik met ’n skerp voorwerp gesteek. Hy is enkele ure later deur die polisie doodgeskiet toe hy hom teen sy inhegtenisname verset het.

Kommentaar

Republikein 2025-05-31

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer